Local newsNews

Skolespanne en die Golden Oldies Saterdag op die rugbyveld in aksie

Kom ondersteun Hoërskool Parys se rugbyspanne en die Golden Oldies wanneer hulle Saterdag hul staal op hul tuisveld gaan wys.

Hoërskool Parys se o.14, 0/16, tweede en eerste rugbyspanne speel Saterdag teen Anker Skool op Hoërskool Parys se tuisveld in die Valke Afdeling 4 ligawedstryde. Nog ‘n hoogtepunt op die program is die Parys Golden Oldies wat om 14:00 sal uitdraf.

Die wedstrydprogram is as volg

09:00 – 0.14s

10:05 – Tweede spanne

11:10 – 0.16s

12:15   Eerste spanne

14:00 – Golden Oldies teen Fochville Barberians

Die foto is met Parys se Golden Oldies se eerste wedstryd geneem.

Toegang kos R10 per persoon en R20 per motor. Let wel dat daar geen kaartfasiliteite by die hek sal wees nie.

Slegs gasbraaiers sal toegelaat word vir diegene wat ‘n vleisie langs die veld wil braai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button