Local newsNews

Masels: Dit is wat ouers moet weet

Masels is 'n hoogs aansteeklike siekte en is inenting teen die siekte deel van die inentingsprogram vir kinders in Suid-Afrika.

Van Januarie tot 13 Junie is reeds 181 gevalle van masels aangemeld – die meeste in Johannesburg, Tswane en Ekurhuleni. Gevolglik het die Gautengse departement van gesondheid sy inentingsveldtog in die provinsie opgeskerp.

Die belangrikheid om kinders teen die siekte in te ent, is weer deur die departement beklemtoon.

Wat is belangrik om te weet van die siekte?

Masels is ‘n hoogs aansteeklike siekte wat deur die rubellavirus veroorsaak word. Entstof teen masels is reeds in 1963 beskikbaar gestel.

Hoe versprei dit?

Die siekte versprei hoofsaaklik deur asemhalingsdruppeltjies van hoes of nies,  Dit word gekenmerk deur simptome soos  ’n laegraadse koors, uitslag en soms gewrigspyn, hoes, loop neus of selfs n seer keel. Mense kan wel aan masels sterf. Ernstige komplikasies kom meer algemeen voor by volwassenes, en kinders jonger as vyf jaar. Kinders en swanger vroue wat nie ingeënt is nie, het ‘n groter risiko om masels te kry.

Behandeling

Simptomatiese behandeling word gewoonlik deur geneeshere aanbeveel.

Inenting bly egter die belangrikste manier om die siekte te voorkom en word die entstof reeds die afgelope 60 jaar gebruik.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button