Local newsNews
Ruiter-vernuf beloon
Met dié kompetisies word ruiter en perd se akkuraatheid en spoed getoets.
Plaaslike ruiters het hul slag gewys met verskeie plekke wat by die SA Western Mounted Games Associaton (SAWMGA) se Western Mounted Games kompetisie in Sasolburg verower is. Die ruiters het aan 13 kompetisie-klasse oor die drie dae deelgeneem, en behaal Jan Gideon Roux op Midnight, gelei deur Nathan Muller vir sy Vlak 0-deelname ‘nm totaal van 11 eerste plekke en twee tweede plekke. Hy kry ook ‘n kampioentitel in die klasse waarvoor hy ingeskryf het.
Kealley Hugo en haar perd Country Girl het in die Junior Vlak O-klas twee eerste plekke, vyf tweede plekke en ses derde plekke behaal.
Ninette Jansen van Rensburg het met 2 perde deelgeneem. Op die rug van Jessie Senior behaal sy vir Vlak 1 deelname vier tweede plekke en ‘n reserwe-kampioen-titel.
Met Flick behaal sy in die senior-afdeling Vlak 0, twee tweee plekke en vier derde plekke, asook die kampioemkroon in haar klas.
Ninette ry vir die Joy of Life Appaloosa-stoet.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



