Sterrehemel nou op sy mooiste in die Vredefort Koepel
Waar ligbesoedelinmg op sy minste is, is die sterrehemel op sy mooiste, en is die sterrekyk geleenthede in die Vredefot Koepel daarom 'n belewenis.
In die winter met nuwemaan, is sterre in die donker naghemel van die Vredefort Koepel optimaal sigbaar. Op 28 Junie is daar geleentheid om die sterreprag op sy mooiste by Deelfontein in dié wêrelderfenisgebied te sien,
Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika, lei die sterrekyk-geleentheid. Belangstellendes kan vanaf 17:00 arriveer. Om 17h30 word sop, koffie en tee
aangebied, waarna die sterrekyk begin met ´n aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag.
Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ´n mussie.
Padaanwysings na Deelfontein en meer inligting oor die sterrekyk en kostes is op www.deelfontein.co.za beskikbaar, of soek Deelfontein
Guest Farm op Google Maps. Bespreek vooraf op whatsapp by 083 280 9784 of per epos by gerhard@deelfontein.co.za.



