Local newsNews

Keur van musiek en drama beïndruk by Eisteddfod

Uitstaande talent is weer vanjaar by die streekuitdun gehoor en gesien.

Musiek uit alle genres is 20 Junie by die Allegretto Eisteddfod streekuitdun vir deelnemers van Parys en Vredefort gehoor. Die uitdun is in die pragtige NG kerkgebou in Vredefort gehou.

Die program het heelwat instrumentale, sang en drama voordragte ingesluit, met die meerderheid deelnemers van die Erna Rademan Musiekskool wat weer vanjaar met uitstaande prestasies kon spog.

Volgens Marius Lourens, uitvoerende hoof van die Eisteddfod en beoordelaar van die drama-afdeling, het Rademan se musiekskool tesame met die Adonai Musiekskool van Piet Retief tot dusver vanjaar die meeste goue toekennings ingepalm.

Werner Retief van Hoërskool Monument se musieksentrum het die beoordeling vir die streekuitdun gedoen en was vol lof vir die gehalte van items wat deur die talentvolle kinders gelewer is. Daar was van klassieke werke tot ‘n sang-ensemble deur ‘n laerskoolgroep met die bekende “Paddakonsert”.

Ellerike van der Westhuizen, huidige Nasionale Ambassadeur in die laerskoolafdeling, en Vi’en Lurie in die hoërskoolafdeling het die hoogste punte behaal in die instrumentale afdeling. Beide deelnemers is van Parys en het viool gespeel.

Van die deelnemers wat aan die musiek en drama-items by die Allegretto-streekuitdun in Vredefort deelgeneem het.

Rademan se stryk ensemble ontvang dubbel goud.

Die sangkwartet met die paddakonsert het ‘n skittende 93% gekry.

Die pa-en-dogter duet van Pierre en Surrét Brits wat die bekende My hart verlang na die Boland gesing het, het ook 93% gekry, terwyl Dregan Brink en Henk Smal van Hoërskool Parys indruk gemaak het met hulle goed voorbereide drama voordragte.

Henk het onder andere twee monoloë baie suksesvol gedoen. Beide die seuns ontvang ook dubbel goud vir van hulle items.

Die genooide deelnemers wat aan die provinsiale uitdun einde Augustus in Potchefstroom sal deelneem, gaan meeding teen deelnemers van die Noord-Kaap, Mpumalanga, Noordwes en Gauteng. Die provinsiale uitdun word aangebied by Hoër Volkskool in Potchefstroom op 29 en 30 Augustus.

Die Erna Rademan Musiekskool het soos verlede jaar uitsonderlik presteer.
Uitstaande talent is weer vanjaar gesien en gehoor by die Allegreto Nasionale Eisteddfod streekuitdun in Vredefort.

Geluk ook aan Rossouw Muller wat aangewys is as Nasionale Ambassadeur vir die Noord-Vrystaat vir 2026.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button