Local newsNews

Vier soek na huisroof met speelgoedgeweer

Die polisie se ondersoek na die voorval duur voort en is geen verdagtes met die skryf van die berig nog in hegtenis geneem nie.

Die polisie soek steeds na die verdagtes wat betrokke was by ‘n huisroof op ‘n wildreservaat in die Buffelshoek-distrik op 22 Junie.

Die 27-jarige besuurder van die wildreservaat is die oggend om ongeveer 09:00 deur vier verdagtes oorrompel. Een van die verdagtes was met ‘n speelgoedgeweeer gewapen.

Tydens die voorval het ‘n struweling ontstaan, waarna die vier met die wildsreservaatbestuurder se bakkie gevlug het. Die bakkie is later naby die wildreservaat teruggevind.

Geen ander eiendom is tydens die huisroof gesteel nie, het kol. Adéle Myburgh bevestig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button