Local newsNews

Verkeersdepartement sal munisipale inkomste versterk

Sigbaar en op die pad om wet en orde te handhaaf

Die Ngwathe Munisipaliteit het vandag amptelik twee gemerkte verkeersvoertuie vir sy verkeersdepartement in ontvangs geneem. Die voertuie sal deur munisipale verkeersbeamptes in die uitvoering van hul pligte gebruik word.

Sedert ons in die amp is, het ons die herinstelling van die munisipale verkeersdepartement as ’n prioriteit gestel, om inkomste vir die munisipaliteit te genereer, het Ngwathe se Uitvoerende Burgemeester, raadslid Victoria De Beer-Mthombeni gesê.

Sy het ook gesê dat die ontvangs van die voertuie vir die verkeersdepartement die vervulling van die belofte is wat in die munisipale begrotingsrede gemaak is.

De Beer vergesel van die burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, raadslid Noma Moloi, en die hoofsweep, raadslid Mbuyiselo Tyumbu, het saam met die munisipale bestuurder Dr. F.P. Mothamaha, en senior bestuur, die voertuie vir die verkeersdepartement amptelik in ontvangs geneem.

Ngwathe se Uitvoerende burgemeester. rdl. Victoria De Beer-Mthombeni,  en die munisipale bestuurder. Dr. F.P Mothamaha by een van die voertuie wat vandag amptelik in ontvangs geneem is.

Moloi het tydens die ontvangs van die verkeersvoertuie gesê dat baie inwoners gekla het oor wetteloosheid in die Ngwathe munisipale gebied met motoriste en vragmotorbestuurders wat padreëls oortree. Sy het gesê dat die verkeersdepartement saam met provinsiale verkeersvennote en die SAPD sal toesien dat padverkeerswette  nagekom word, en munisipale regulasies binne die munisipale gebied gehoorsaam word.

Daarbenewens sal munisipale verkeersbeamptes ook hulp verleen met abnormale vrag wat deur die dorp moet beweeg, ander begeleidings, die toemaak van strate, en om te kyk dat padtekens sigbaar en op hul plek is.

Dr Mothamaha het in sy boodskap Vrydag genoem dat die ontvangs van die voertuie net die begin is van die munisipaliteit se beplanning om munisipale inkomste te versterk wat weer sal bydra tot infrastruktuur ontwikkeling.

Ngwathe het vroeër jare ‘n verkeersafdeling gehad maar is dit in 2016 ontbind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button