Local newsNews
Asbespypvervanging hier voltooi – rehabilitasie nou gedoen
Gedeeltes waar die teer gesny moes word vir die vervanging van die pyp, sal weer geteer word.
Vervanging van die asbes-waterpyplyn met PVC-pyp in Delverstraat tussen Kortstraat en Tweedelaan is nou voltooi, en rehabilitering en skoonmaak van die sypaadjie word tans gedoen. Die skoonmaak en rehabilitering behoort na verwagting teen Woensdag volltooi te wees, het Lucas Mogale, terrein-voorman van die maatskappy Diphala gesê.
Hy het ook bevestig dat gedeeltes waar die teer gesny is om oor kruisings te beweeg vir die pypvervanging, weer geteer sal word sodra materiaal bestel en ontvang is.


Diphala het ook die asbespyp-vervanging in Allenbystraat gedoen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



