Local newsNews

Rowers teiken vulstasie; polisie vra publiek se hulp

Groot skade is aangerig nadat die rowers die OTM's en kluise met plofstof oopgeskiet het.

Die verdagtes wat vanoggend in die vroeë oggendure verantwoordelik was vir die roof en ontploffing by twee OTM’s en twee kluise by Kroonvaal Engen 1 Stop Suid , is steeds soek.

Polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli sê die voorval het omstreeks 02:00 vanoggend gebeur. ‘n Mahindra-vertuig het by die vulstasie-perseel ingery, en het een van die verdagtes wat agterop die bakkie was, skote in die lug geskiet. Van die werknemers wat besig was om die rybaan skoon te maak, is gedwing om op die grond te gaan lê.

Kareli sê terwyl die werknemers nog op die grond was, het hulle ‘n ontploffing in die vulstasie se geriefswinkel gehoor. Die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug.

Groot skade is deur die rowers aangerig met de OTM’s en  kluise wat met plofstof oopgeskiet is. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Kareli het bevestig dat geen arrestasies nog in verband met die roof gemaak is nie.

Enigeen wat die polisie kan help met hul ondersoek, is  gevra om kaptein Sandile Dhladhla van die polisie se Provinsiale Georganiseerde Misdaad-eenheid te skakel by 073 226 6788,. of Crime Stop by 08600 10111. Anonieme leidrade kan ook via die MySAPSApp deurgegee word

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button