Local newsNews

Meeue gereed om vlerke te sprei ná reddingspoging

Aansoek vir 'n permit vir die Parys Wader rehabilitasiesentrum is ook reeds by DESTEA ingedien, en word tans gewag op goedkeuring, sê Marisa.

Die 11 gryskop meeukuikens wat sedert 27 Julie in die sorg van Marisa Louw is, is byna gereed om hul vlerke te sprei om ‘n tuiste in die natuur te vind. Die plan is om die meeue wat in die komende week gering sal word, met ‘n beheerde vrylating te help om weer in die natuur te kan aanpas. Die hoop is dat hulle hulself mettertyd dalk ook in die pragtige Parys Vleiland-gebied sal vestig.

Die voëls was deel van die 176 gryskopmeeu-kuikens en 200 eiers wat op 18 Julie deur lede van die SA Wildlife Rehabilitation Centre, met die hulp van die West Wild NPC-span, gered is. Die nesgebied waar hulle gebly het, moes vir konstruksie ontruim word, terwyl die dam op die perseel ook tans herstelwerk ondergaan. Sonder ingryping sou die kuikens hul neste verlaat en in die koue water verdrink het.

Marisa verduidelik dat baie navorsing en ervaring gebruik is om ‘n gebalanseerde dieet vir die kuikens te kry.

Baie navorsing is gedoen om die regte dieet vir die meeue te kon kry.

Omdat sy nog nie voorheen meeue grootgemaak het nie, het sy die aanbevelings van SA Wildlife gevolg. Voorbereiding van hul kos het daagliks groot toewyding en werk geverg, en het Marisa ook die hulp en raad van Parys Dierehospitaal gekry om seker te maak dat daar aan alle regulasies voldoen word, en in die behoeftes van die meeue voorsien kon word.

Marisa Louw (links) saam met dr. Brigitta Wessels van Parys Dierehospitaal.

Met die sagte vrylating sal hul hok oopgemaak word en kos en skuiling beskikbaar wees totdat hulle gereed is om self in die natuur te kan oorleef.

Marisa is dankbaar vir die gemeenskap en voëlliefhebbers wat hul harte oopgemaak het vir die groot uitdaging wat sy aangepak het om die meeue ‘n tweede kans op oorlewing te gee, en vir die inrig van die rehabilitasiesentrum. Verskeie hokke is reeds geskenk asook grond sowat 6km buite die dorp vir die verlenging van die rehabilitasiesentrum. Al die administrasie is in plek om sodra die permit uitgereik is, Parys Wader Wetland Avian Development & Emergency Rescue as volwaardige nie-winsgewinde organisasie te kan bedryf, deur ‘n onafhanklike raad, sê Marisa.

Sy wil haar veral op voëls van die vleiland toespits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button