Goeie reën ook in Vaaldam se opvangsgebied gemeet
Koeler temperature sal nog tot minstens Dinsdag gevoel word.
Wydverspreide reën het sedert die naweek geval in verskeie dele van die land en is 19mm reën oor die naweek in Parys gemeet, terwyl die dorp in totaal reeds 44mm reën vir September gehad het.
Reën is ook vir vandag voorspel en sal maksimum temperature wat vir Parys voorspel is, tot minstens Dinsdag in die lae twintigs bly.
‘n Totaal van 26,8mm reën is in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet, is teen vanoggend bevestig.
Vaaldam is nou 102% vol met invloei wat vanoggend gemeet is op 85,89 kubieke meter per sekonde, en uitvloei teen 59,025 kubieke meter per sekonde.
Kleppe by die Vaaldam is vanoggend om 08:00 toegemaak.
Uitvloei by Barrage is vanoggend om 08:00 gemeet teen 49,414 kubieke meter per sekonde.



