Local newsNews

Aanval op lisensie toetsstasies veroordeel

Lisensiekantore in die Vrystaat het al vir jare 'n krisis met dienslewering wat knaend weens verskeie faktore ontwrig word.

Verskeie provinsiale verkeers- en lisensiekantore in die Vrystaat is sedert Augustus deur misdadigers geteiken. Dit sluit in die lisensiekantore in Heilbron, Marquard, Kroonstad, Lindley, Viljoenskroon, Phuthaditjhaba, Kestel en Virginia waar sekuriteitspersoneel aangeval, alarmstelsels buite werking gestel is, dokumente gesteel en fasiliteite gevandaliseer is. Dit het tot gevolg dat van hierdie kantore moes sluit en plaas groter druk op kantore wat wel funksioneer.

Die DA en die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer het die vlaag van aanvalle op verkeers-toetsstasies  veroordeel. Die DA sê behoorlike befondsing vir sekuriteit het verkeers-toetsstasies kwesbaar gelaat.  Baie toetsstasies in die provinsie het reeds gesukkel om te funksioneer, met tekorte aan ink en papier, terwyl ander vir tot twee maande gesluit was.

Die Heilbron-lisensiekantoor is een van die kantore  waar die diefstal van rekenaartoerusting veroorsaak het dat motoriste en vervoermaatskappye by ander lisensiekantore geholpe moes raak.

Die jongste aanvalle vererger die krisis  vir verkeers-lisensiekantore in die provinsie en sê die DA hy gaan dringende vrae in die Vrystaatse wetgewer indien en, deur die portefeuljekomitee, versoek dat ’n volledige oudit van die begrotings vir sekuriteit en instandhouding gedoen word, tesame met onmiddellike planne om veilige en funksionele dienste by die betrokke toetsstasies te herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button