Local newsNews

Vreemde voorwerpe in mangate veroorsaak erge blokkasies

Die munisipaliteit sê daar is gereelde voorvalle waar mense allerlei voorwerpe in mangate gooi wat dan blokkasies in die rioollyn veroorsaak.

Opgradering van die rioollyn by die R59 waar rioolstorting gereeld voorkom, is volgens die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit goedgekeur vir die huidige finansiële jaar. Daar word nou gewag op die Municipal Infrastructure Support Agent (MISA)  vir die aanstel van ‘n kontrakteur om die lynkapasiteit te vergroot.

Die bevestiging is Dinsdag deur die munisipaliteit se tegniese direkteur gegee nadat daar die afgelope maand weer blokkasie van ‘n mangat by die Sasolburg-ingang na Parys was. Die storting is gerapporteer en het die munisipaliteit aandag gegee aan die blokkasie, maar is vandeesweek gevra dat die munispaliteit ook die gebied sal skoonmaak waar die storting was.

‘n Stuk rubber wat oënskynlik kwaadwillig in die mangat gegooi is, is vroeër deur die munisipaliteit uit die mangat gehaal, en is elders vandeesweek
selfs ‘n gedeelte van ‘n mangat deksel in ‘n mangat gekry.

Volgens Braam Cilliers van MooiParys, kon die span nie soos gebruiklik by die Sasolburg-ingang skoonmaak nie, as gevolg van die rioolstorting wat hul werk belemmer het. MooiParys verfraai en hou al vir meer as ‘n jaar die dorpsingang, asook die ander dorpsingange, netjies.

Danksy die gereelde bydrae van ‘n Randburgse-egpaar wat ‘n huis in Paryshet, word spesifiek by die Sasolburgingang elke twee weke skoon en netjies
gemaak.

Cilliers sê hy het die storting die eerste keer sowat vier weke gelede opgemerk en is dit telkens deur DA-raadslid JP de Villiers, by die
munisipaliteit gerapporteer. Cilliers het ook bevestig dat die rioolspan elke keer uitgekom het om aandag te gee aan die probleem, en word
die mangat volgens die munisipaliteit  nou daagliks twee keer per dag nagegaan vir blokkasies.

Riiolstorting wat onlangs weer by die Sasolburg-ingang na Parys gesien is.

Hoewel die afgelope tyd se reën gehelp het om die rioolgemors hier skoon te spoel, het die munisipaliteit Dinsdag onderneem om seker te maak
rehabilitering word gedoen waar die storting was. “Met die mangat wat nounie meer oorloop nie nadat die blokkasie  verwyder is, kon MooiParys weer begin om hier netjies te maak, en is die plan om ook blomme by die dorpsingange te plant,” het Cilliers gesê.

Mense wat saad, grondbedekkers, of blomme het wat nie hoër as kniehoogte is om vir MooiParys te skenk, kan  Cilliers skakel by 072 779 4079. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button