Local newsNews

Weiveld se stofpaaie en moddergate sorg vir ‘n rekord

Onder vanjaar se deelnemers aan die Weiveld Rally was ook sanger Joe Black.

Stof en modder het Saterdag gespat vir ‘n rekord vir die Weiveld Rally met die meeste deelnemers nog sedert die onstaan van die Rally in 2023. Vanjaar het 550 deelnemers ingeskryf – 100 inskrywings meer as verlede jaar – en was dit ‘n pretdag soos min, waar sanger Joe Black ook sy slag agter die stuur kom wys het.

Vanjaar se roete is oor verskeie plase in die Weiveld-omgewing gery en is effe verkort teenoor vorige jare om die gewilde Quarter Mile in te pas sodat almal Saterdagmiddag ook die rugby by die Valtra-trok kon kyk.

Die hindernisse tussen die bome, en moddergate vir die 4×4’s het gesorg vir adrenalien-pomp uitdagings,  terwyl deelnemers hope pret met speletjies by stalletjies op die roete gehad het.

Vanjaar se Weiveld Rally-roete het weer gesorg vir lekker modder-uitdagings. Foto: Verskaf

By elke stalletjie langs die roete was daar pretspeletjies vir deelnemers. Foto’s: Verskaf

Die lekker van die dag – enigeen kon deelneem – maak nie saak watter wiele jy ry – van motorfietse tot trekkers en pypkarre.

Fondse wat met die Rally ingesamel is, was ten bate van die plaaslike rugbyklub, en was daar geen twyfel dat dié Rally eie aan die Weiveld-distrik, jaarliks beslis een van die groot avontuur-hoogtepunte is wat  jy nie wil misloop nie. Dankie aan elkeen wat die dag ondersteun en deelgeneem het.

Joe Black het vanjaar ook sy slag by die Weiveld Rally kom wys.

Foto’s: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button