Local newsNews

Laaste duiwevlug vir die seisoen dié naweek gevlieg

Die naweek se Drie Susters-vlug is bepalend om die seisoen-wenners te bepaal.

Hierdie week se vlugte vanaf Drie Susters is die laaste wedvlug vir vliegduiwe dié seisoen,  en was dit ‘n kop-aan-kop stryd oor die kort, middel en lang afstand vlugte vir plaaslike lede van die Legends duiweklub.

Barnard Vermeulen se duiwe het vroeër verras met die kampioentitel vir die kortpad-vlugte, terwyl Maree-hokke se duiwe in die middelafstande koning gekraai het. Na dié naweek se vlugte sal die langafstand kampioen, beste jong duif, beste ou duif, beste duif algeheel, en  klubkampioen nou aangewys word.

Op die langafstand-vlugte is Maree-hokke tans voor op die puntetabel en was sy duiwe ook stewig in die wenstoel met die Middelburg 1 Ope, terwyl
Aspeling-hokke die voorloper in die Middelburg 2 Ope was. Die duiwe is opgehou deur reën in Bloemfontein.

Die foto van Legends klublede is vroeër geneem

Die volledige uitslae van die voorlaaste seisoen vlug het so gelyk:
Middelburg 1 Ope
Maree-hokke – 1ste, 3de, 4de, 6de, 9de, 11de, 16de, 17de, 23ste, 25ste, 28ste, 29ste
Nollie Meintjies – 2de, 5de, 8ste
Sys van Rooyen-hokke – 7de, 14de
Aspeling-hokke – 10de, 13de, 20ste, 22ste, 24ste, 30ste
Bernard Vermeulen – 12de, 27ste
MJ Lofts – 15de, 18de, 21ste, 26ste
UJDUR-hokke – 19de
Middelburg 2 Ope
Aspeling-hokke – 1ste, 4de, 8ste, 20ste, 27ste
Maree-hokke – 2de, 3de, 5de, 7de, 9de, 11de, 21ste, 23ste, 24ste, 30ste
MJ Lofts – 6de, 10de, 13de, 18de, 22ste, 29ste
Nollie Meintjies – 12de, 25ste, 28ste
UJDUR-hokke – 14de, 26ste
Sys van Rooyen-hokke – 15de
Aspeling-hokke – 16de, 17de,
Bernard Vermeulen – 19de

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button