Local newsNews

Byna 700 perde in aksie vir Western Mounted Games nasionale en internasionale kragmeting

Die vaardigheid van hierdie ruiters wanneer daar tussen die pale en dromme deurgevleg word is iets om te sien.

Ruiters van al nege die land provinsies en 697 perde sal dié week by die AfriDome in Parys in aksie wees vir die South African Western Mounted Games Association (SAWMGA) se nasionale kampioenskappe en internasionale kragmeting. Die nasionale kampioenskappe het reeds vandag begin.

Die 2025 Cup of Nations internasionale kragmeting word van Woensdag tot Vrydag aangebied met ruiters van Zimbabwe, Botswana en Engeland wat kragte meet teen Suid-Afrika se Protea-span.

Volgens Hennie Mey, nasionale president van SAWMGA is nagenoeg 40 beoordelaars betrokke by die week se nasionale en internasionale ruiter-skouspel. Onder hulle is ook beoordelaars van Botswana.

Die nasionale kampioenskappe word sedert 2018 in Parys aangebied en  is bekend vir die uitsonderlike presisie en ruitervernuf wat hier gesien word.

Mey het Parysenaars en besoekers genooi om te kom kyk na die ruiters se vernuf. Toegang is gratis en kan die kampioenskapklasse van 07:30 tot 17:00 die week gesien word. Daar is ook ‘n parade van ruiters Woensdagoggend om 07:00 voor die aanvang van die internasionale kampioenskap.

Suid-Afrika se Protea-span van vyf vir die 2025 Cup of Nations bestaan uit nie minder nie as drie Vrystaat- uiters. Die span is Tana Martini (Gauteng), L.J van der Nest (Vrystaat), Lorenco Crous (Vrystaat), Dries Ellis (Noord-Kaap) en  Elaine Fourie (Vrystaat).

Hieronder is die Protea-span ruiters se foto’s.

Tana Martini (Gauteng).
Die Vrystaatse Lorenco Crous. 
Elaine Fourie (Vrystaat).
LJ van der Nest (Vrystaat).
Dries Ellis (Noord-Kaap)

Dagboek ook dié datums van gebeure by die AfriDome:

18 Oktober – Dormer-veiling

8 November – Gospelfees

27-29 November – Arabierperd kampioenskappe

3-6 Desember – Saalperd-kampioenskappe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button