Local newsNews

Kompleks-inwoners staan saam om brand te blus

Niemand is tydens die voorval beseer nie, en het dié insident weer gewys hoe mense kan saamwerk in tyd van nood.

‘n Brand wat vroeg vanoggend by ‘n motorhuis in Uniestraat uitgebreek het, het kompleks-inwoners se omgee en saamstaan in tyd van nood gewys.

Van die kompleks se inwoners wat vroegoggend die rook gesien het, het dadelik ingespring om self te help, en kon ‘n motor in die motorhuis, sowel as n motor in ‘n aangrensende motorhuis betyds uit die motorhuise gehaal word.

Die blitsige optrede van die kompleks-inwoners, ander wat op die noodroep reageer het, mense wat brandblussers gebring het, Dorette Nel en vrywilligers van WeCare, Toelie en Thea Volschenk, Sandra Uys, Frikkie Scheepers, Parys Sekuriteit, en die Ngwathe Brandweer- en Nooddiens, spesifiek Hoffman (Bravo 6) wat onmiddellik op die toneel was nadat Save Ngwathe en ander WhatsApp groepe die noodboodskap uitgestuur het, het gehelp om die brand vinnig te blus.

 

Toe die noodroep gekry is, is dadelik gehelp om die vlamme te blus.

Foto’s: Liezl Scheepers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button