Local newsNews

Wil jy dans Carina?

Die bekende sangpaar, Francois en Elizabeth Fourie, se optrede by Sally Martin Park is deel van die viering van die maand vir Bejaardes en deel hulle hul musiek- en storiereis met hul kenmerkende sprankel.

Die bekende sangpaar, Francois en Elizabeth Fourie, wat in Parys gevestig is, sal as deel van hul konserttoer vir 2025, en die viering van die maand vir bejaardes, ook ‘n draai by Sally Martin Park maak. 

Hul optrede beloof ‘n vrolike Musiek-en-Storie konsert te wees.

Met meer as 40 jaar se ervaring in die musiekbedryf, het die gewilde sangpaar ’n wonderlike storie om te vertel, en menige bekende treffers om te deel. 2025 is die jaar waarin hulle oral oor toer om hierdie besonder nostalgiese vertoning landwyd aan te bied.

Die “Wil jy dans Carina” Musiek-en-storie konsert is te sien by Sally Martin Park, op Dinsdag 21 Oktober om 10:00.

Met treffers soos Wil jy dans Carina, Ek hou van jou, Vredendal tot Beestekraal, en Meer as Woorde,  het hierdie twee ’n tydlose musiek geskep wat vandag nog in aanvraag is.

Die baie bekende sangpaar, Francois en Elizabeth Fourie.

Enigiemand wat al ‘n vertoning bygewoon het, ervaar egter veel meer as net ‘n lekker ligte vermaaklikheids-konsert. Francois en Elizabeth inspireer met ‘n blydskap, wat van binne af kom.

Daar sal ’n verskeidenheid van Francois en Elizabeth se musiek en kinderliedjies te koop wees.

Vir meer inligting en besprekings kontak Hanien Cloete, 0716861676.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button