Local newsNews
Nog ‘n noodlottige botsing op R59
Motoriste is gevra om van alternatiewe roetes gebruik te maak terwyl nooddienste op die toneel is.
Nooddienste is steeds op die toneel van ‘n noodlottige botsing wat vroeër vanmiddag op die R59 by die Vaalpark-afrit gebeur het en waarin verskeie voertuie betrokke was.
Motoriste is gevra om van alternatiewe roetes gebruik te maak.
‘n Noodhelikopter is na die botsingstoneel ontbied wat tot gevolg sal hê dat die pad gesluit sal wees sodat pasiënte deur die helikopter van die toneel vervoer kan word, het Sipho Towa, voorsitter van RIMS (Road Incident Management System) net na 17:00 vanmiddag gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



