Local newsNews

Parys gaan blom vir feesjaar

Enige saad, saailinge of blomme nie hoër as kniehoogte wat jy kan skenk vir die projek sal verwelkom word. Selfs potgrond is welkom.

Verbeel jou kleurvolle blombeddings by elke ingang van die dorp. Blombakke op elke sypaadjie. Sypaadjie-eilande en parke netjies versorg.
Dit is die droom van MooiParys se Braam Cillliers en sy span vir die dorp se 150ste bestaansjaarviering wat in 2026 kleurvol gevier sal word.

Braam vertel dat die gedagte om die dorpsingange te verfraai al ‘n paar jaar gelede begin het toe MooiParys, ‘n nie-winsgewende vrywilliger organisasie, begin het om met die hulp van borge die dorpsingange skoon te maak wanneer daar weekliks gewerk word om die hoofstraat en sakekern skoon te hou. Eintlik het hy die idee by sy seun in Engeland gesien waar blomme oral die strate versier, vertel Braam. Maar dieselfde gesig sien jy ook in Stellenbosch.

Blomme by dorpsingange

In 2023 is Parysenaars en besoekers aan die dorp die eerste keer verras met die kleurvolle blomgesig van Namakwalandse daisies en Afrikanertjies wat jou vrolik langs Parys se hoofstraat kom groet het danksy MooiParys se Paul Noome en ander omgee-inwoners wat help plant en water gee het. Die netjiese dorpsingange het al gesorg vir vele komplimente van besoekers wat sien hoe skoon en mooi die dorp is. Nou is dit weer tyd om te plant en mooi te maak vir wanneer die dorp sy feesvere moet regskud.

Blomme in Parys se hoofstraat
Die kleurvolle gesig wat besoekers aan Parys in 2023 in die hoofstraat begroet het. Foto: Verskaf

Die gedagte is dat besighede met MooiParys sal saamwerk om te help om herwinbare plastiek blombakke te borg, en die blomme sal versorg wat dan veral in die dorp se toeriste korridor geplaas sal word.

Geesdriftige tuiniers se hulp gevra

Hiervoor is ook inwoners se hulp nodig want die dorp is bekend vir sy kranige tuiniers en pragtige tuine.

Blomme, saad en saailinge gesoek

Daar word gesoek na enige skenkings van saad, saailinge, en plante wat maklik onderhoubaar is, en nie hoër as kniehoogte staan. Selfs potgrond of kontant skenkings vir die blombakke is welkom.

Blombakkie in Engeland
‘n Voorbeeld van die blombakke op sypaadjies wat beoog word. Foto: Verskaf

Of kom bied jou hulp aan en help om die sypaadjie-eilande mooi te maak. Die vreugde van tuinmaak is sielsverrykend. Des te meer die wete dat jy ‘n verskil kan maak..

Dorp van die Jaar

Onthou – Parys kan in 2026 weer inskryf vir Kwêla Se Dorp van die Jaar. En hoe mooi kan dit nie wees as die dorp ook sy blomprag kan voeg tot die vele ander aantreklikhede wat Parys bied.

So kan jy help

Skakel Braam by 072 779 4079 of gebruik MooiParys se bankbesonderhede: Absa, takkode: 005920, rekeningnommer: 410 5545 894, as jy deel wil wees van hierdie mooi inisiatief. Tuindienste se hulp met van die sypaadjies en eilande sal ook verwelkom word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button