Stywe lyne vir hengelpret
Belangstellende borge word genooi om betrokke te raak by volgende jaar se hengelgeleentheid.
‘n Onlangse hengelkompetisie by Memory of Mandown by Poortjiedam het 20 geesdriftige hengelaars laat lyn natmaak. Van so jonk as 11 jaar tot 65 het die hengelgeleentheid van Promosa Damduiker hengelklub ondersteun.
Die geleentheid word jaarliks aangebied en is belangstellende borge welkom om by volgende jaar se kompetisie betrokke te raak. Skakel 073 920 4226 vir meer inligting oor hoe jy die geleentheid kan ondersteun.
Dankie aan vanjaar se borge wat die geleentheid moontlik gemaak het. Die ondersteuning word waardeer.
Vanjaar se borge was Dorotion – Shirley Bezuidenhout, CSA – Clifford Abrahams, Fish & Camp – Asif, JB Marks – Yvonne Malesa, Conoflex – Louwtjie van der Merwe, plaaslike Tuckshops waaronder Bruki, Teddie, Abraham en Tumelong 2 asook Angelo Harwoord en Willie Mahila.















