Local newsNews

Hoof van Korrupsie Ondersoekeenheid ontvoer

Dit is nie bekend wat die motief vir die ontvoering en aanval is nie, maar die saak is by die polisie aangemeld vir ondersoek.

Die hoof van Ondersoeke en Operasies by die Direktoraat vir Ondersoek na Korrupsie (IDAC) is gisteraand ontvoer terwyl hy op pad huis toe was. Sy aanvallers het hom aangerand en in die vroeë oggendure naby Rabie Ridge agtergelaat.

Hulle het met sy selfoon en skootrekenaar gevlug, sê Henry Mamothame, woorvoerder van IDAC.

Die slagoffer het daarin geslaag om hulp te kry en is na ’n nabygeleë polisiekantoor geneem om die voorval aan te meld. Hy ontvang tans die nodige mediese behandeling na sy traumatiese ervaring, het Mamothame gesê.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê  daar kan nie nou oor die  motief vir die voorval gespekuleer word, en of dit moontlik met sy werk verband kan hou nie, maar sê die voorval en tydsbereking daarvan weerspieël die moontlike gevare in hierdie werksomgewing.

Mamothame het bevestig dat die voorval by die polisie aangemeld is vir strafregelike ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button