Aarto kom eers in 2026 in werking
Die stelsel sal egter steeds in fases geïmplementeer word soos aanvanklik beplan is.
Die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto) sal nou eers op 1 Julie 2026 inwerking gestel word. Die sewe maande uitstel om die strafpuntstelsel vir padverkeersoortredings landwyd te begin implementeer, is genoodsaak as gevolg van probleme met munsipaliteite se gereedheidgrondslag.
Daar word steeds beplan om die Aarto-stelsel in fases te implementeer.
Aarto sou aanvanklik in 2022 inwerking gestel word, maar is destyds ongeldig verklaar in die hooggeregshof na ‘n saak wat deur die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) aanhangig gemaak is. In 2023 het die hof egter beslis dat Aarto wel grondwetlik is.
Die besluit was toe dat Aarto by 69 munisipaliteite in Desember vanjaar geïmplementeer sou word, en daarna by nog 144 munisipaliteite teen April 2026.



