Een van die liggame is vanmiddag hier in Fickstraat 'n ent van die hangbrug, uit die Vaalrivier gehaal.
Vier dae nadat twee volwasse mans en ‘n jeugdige tragies in die Vaalrivier by Parys verdrink het, is een van die liggame vanmiddag deur die polisie se K9 Soek- en Reddingseenheid van Sasolburg uit die rivier gehaal.
Die tragedie het hom Sondagmiddag om ongeveer 14:00 naby Parys se geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier tydens ‘n doopseremonie afgespeel.
Die rivier loop baie sterk by die stroomversnellings by ‘n klipplaat naby die brug waar die mans deur die water meegesleur is.
Drie mense het Sondag hier naby die hangbrug in Parys in die Vaalrivier verdrink.
Hulle was van Potchefstroom.
Daar is sedert Sondag onverpoosd na die liggame gesoek, en is die liggaam laat vanmiddag deur adjudant-offisier Hollie Holtzhausen uit die water gehaal.
Een van die drie liggame is laat vanmiddag hier in Fickstraat ‘n ent van die hangbrug uit die Vaalrivier gehaal.Polisie en nooddienste op die toneel waar die liggaam gekry is.
Die liggame van die ander twee mans is steeds soek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.