Local newsNews
Noodherstelwerk aan R59 se gate gedoen
Motoriste is weer gemaan om stadig en versigtig hier te bestuur en om volgafstande te handhaaf.

Daar is gister begin met noodherstelwerk aan van die slaggate op die R59 tussen Parys en Sasolburg. Let wel dat die span nie vandag aan die pad sal werk nie maar Maandag sal voortgaan met die tydelike herstelwerk.
Volgens DA-raadslid Brandan Olivier wat in gesprek was met die paaie superintendent in beheer, sal die herstelwerk deurgaans gedoen word soos nodig, en is weer benadruk dat die R59 van groot belang is nie net vir toerisme vir Parys en omliggende dorpe nie, maar ook as alternatiewe roete vir die N1.



Nege mense het die afgelope drie weke op die gedeelte van die R59 tussen Vaalpark en die N1 gesterf en dra die pad daagliks swaar verkeer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



