Local newsNews

Baie water kom – Vaaldam maak sluise oop

Die watervlak van die Vaalrivier sal aansienlik oor die volgende 24 uur styg met Vaaldam wat vanoggend begin het om sluise oop te maak.

Daar sal vanoggend begin word om sluishekke by Vaaldam oop te maak, en sal daar teen 13:00 ‘n totaal van vyf sluishekke oop wees.

Die eerste sluishek is om 09:00 oopgemaak. Daarna sal sluishekke as volg oopgemaak word:

2de Sluishek – 10:00

3de Sluishek – 11:00

4de Sluishek – 12:00

5de Sluishek – 13:00

Met sluishekke wat oopgemaak word, en as gevolg van swaar reën die afgelope paar dae wat veroorsaak dat strome en spruite sterk vloei, kan verwag word dat die watervlak van die Vaalrivier aansienlik oor die volgende 24 uur sal styg.

Nadat ‘n sluishek oopgemaak is by Vaaldam neem dit ongeveer 12 uur voordat die effek daarvan in die Vaalrivier by Parys gesien word.

Vaaldam

Vaaldam is tans 107,43% vol met invloei gemeet teen 962,18 kubieke meter per sekonde. Uitvloei teen 08:39 was teen 63,448 kubieke meter per sekonde gemeet.

‘n Totaal van 22mm reën is in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet.

Vaaldam sluise oop
Dit is die prentjie wat teen vanmiddag 13:00 gesien sal word wanneer daar in totaal vyf sluise by die Vaaldam oop sal wees. Foto: Argiet

Bloemhofdam en Koppiesdam

Bloemhofdam is tans 99,81% vol en word water uitgelaat teen 120.00 kubieke meter per sekonde.

Koppiesdam was Sondagoggend om 08:00 reeds 98,9% vol.

Teen 08:30 was uitvloei by die Barrage gemeet op 358,264 kubieke meter per sekonde.

Vaaldam – die verskil tussen kleppe en sluishekke:

Daar is dikwels by die publiek verwarring oor kleppe en sluise by Vaaldam. Agt kleppe is aan die onderkant van die dam en is altyd oop om ‘n natuurlike vloei te verseker.  Daar word altyd water by die Vaaldam uitgelaat soos nodig vir gebruikers stroomaf en ter wille van ekologiese vloei. Die kleppe kan ook gebruik word om uitvloei by die dam te verhoog.  Sluishekke daarenteen is aan die bokant van die damwal en word oopgemaak soos nodig om beduidend meer water uit te laat slegs en wanneer nodig om hoë vloei deur die sisteem toe te laat. Die sluishekke sal of oop, of toe wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button