Local newsNews

Vyfde sluis nou oop

Die watervlak van die Vaalrivier sal aansienlik oor die volgende 24 uur styg met Vaaldam wat vanoggend begin het om sluise oop te maak.

Die vyfde sluishek by Vaaldam is vanmiddag om 13:00 oopgemaak, nadat daar stelselmatig al om die uur sedert 09:00 vanoggend begin is om sluishekke by die dam oop te maak.

Daar kan gevolglik verwag word dat die watervlak van die Vaalrivier aansienlik oor die volgende 24 uur sal styg nie net as gevolg van die sluishekke wat oopgemaak is nie, maar ook weens swaar reën wat wydverspreid oor die naweek geval het en strome en spruite wat sterk loop.

Nadat ‘n sluishek oopgemaak is by Vaaldam neem dit ongeveer 12 uur voordat die effek daarvan in die Vaalrivier by Parys gesien word.

Vaaldam

Vaaldam is tans 107,43% vol.

‘n Totaal van 22mm reën is in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet.

Vaaldam sluise oop
Dit is die prentjie wat teen vanmiddag 13:00 gesien sal word wanneer daar in totaal vyf sluise by die Vaaldam oop sal wees. Foto: Argiet

Bloemhofdam en Koppiesdam

Bloemhofdam is tans 99,81% vol en word water uitgelaat teen 120.00 kubieke meter per sekonde.

Koppiesdam is nou 124,55% vol en is die pad agter Koppiesdam nou gesluit weens vloedtoestande.

Uitvloei by die Barrage is teen 12:00 vanmiddag gemeet op 533,292  kubieke meter per sekonde.

Schoemansdrift-brug

Watervloei by die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel het teen 11:00 vanoggend 135,4 kubieke meter per sekonde gemeet.

Vaaldam – die verskil tussen kleppe en sluishekke:

Daar is dikwels by die publiek verwarring oor kleppe en sluise by Vaaldam. Agt kleppe is aan die onderkant van die dam en is altyd oop om ‘n natuurlike vloei te verseker.  Daar word altyd water by die Vaaldam uitgelaat soos nodig vir gebruikers stroomaf en ter wille van ekologiese vloei. Die kleppe kan ook gebruik word om uitvloei by die dam te verhoog.  Sluishekke daarenteen is aan die bokant van die damwal en word oopgemaak soos nodig om beduidend meer water uit te laat slegs en wanneer nodig om hoë vloei deur die sisteem toe te laat. Die sluishekke sal of oop, of toe wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button