Local newsNews

Waarskuwings vir dié paaie ná swaar reën

Motoriste word ernstig gewaarsku om vooraf seker te maak dat die roetes wat beplan word om te ry, toeganklik is.

Motoriste word gewaarsku dat die pad agter Koppiesdam nou gesluit is weens vloedtoestande. Koppiesdam is tans 124,55% vol nadat dit Sondagoggend 08:00 nog net onder die 100% was, en vanoggend vroeg nog op 104% gestaan het.

Talle huise in die Kwakwatsi-woonbuut by Koppies is die naweek oorstroom, asook in die Saundersville-woonbuurt by Heilbron waar minstens 16 huise oorstroom is.

Saundersville oorstromings
MInstens 16 huise is in die Saundersville-woonbuurt by Heilbron oorstroom. Die foto is Sondag geneem.
Swaar reen in Kwakwatsi
Talle huise in die Kwakwatsi-woonbuurt by Koppies is ná swaar reën oorstroom.
  • Die pad tussen Heilbron en Phiritona is ook steeds ontoeganklik.
  • Daar is ook vanoggend gewaarsku oor die R720 Koppies/Edenville grondpad wat weens swaar reën verspoel is. Veral vragmotors kan glad nie die pad gebruik nie.
Veral vragmotors moet tans die R720 Koppies/Edenville-pad vermy.
  • R59: Wees bedag op groot en diep slaggate op die gedeeltes by die Vaalpark-afrit, tussen die N1-oorbrug en Parys, tussen Parys en Vredefort en duskant Vredefort in die rigting van Kroonstad.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button