Nog sluise oopgemaak
Mense word gewaarsku om nie nou in die rivier te gaan nie en weg te bly van rivieroewers.
Nog drie sluishekke sal vandag by Vaaldam oopgemaak word wat sal beteken dat daar dan agt sluise in totaal teen vanmiddag 14:00 oop sal wees.
Vyf sluishekke is reeds gisteroggend oopgemaak. Die addisionele sluishekke sal soos volg vandag oopgemaak word:
6de Sluishek – 10:00
7de sluishek – 12:00
8ste sluishek – 14:00

Vaaldam is nou 109,26% vol met invloei vanoggend gemeet teen 883,37 kubieke meter per sekonde. Uitvloei word gemeet teen 727 kubieke meter per sekonde.
Bloemhofdam
Uitvloei by Bloemhofdam sal om 10:00 verhoog word na 600 kubieke meter per sekonde. Bloemhofdam staan nou op 99,62%.
Barrage
Barrage het teen 07:00 agt sluise oopgehad en uitvloei word gemeet teen 1 137,360 kubieke meter per sekonde.



