Local newsNews

Schoemansdrift-brug dalk môre gesluit

Daar word verwag dat die Vaaldam se watervlak nog verder sal styg met nog sluishekke wat vandag by Vaaldam oopgemaak word.

Die watervlak van die Vaalrivier by die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel het teen vanoggend om 08:56 reeds 2,35m gemeet, met watervloei hier gemeet teen 1 077 kubieke meter per sekonde.

Water spoel reeds oor die brug.

Tans is die brug nog oop vir verkeer maar sal na verwagting môre gesluit moet word sodra die watervlak by die Schoemansdrift-brug 2,6m meet en vloei gemeet word teen 1 267 kubieke meter per sekonde.

Daar word verwag dat die watervlak van die Vaalrivier nog aansienlik gaan styg  met ‘n addisionele drie sluishekke wat vandag by Vaaldam oopgemaak word. Die eerste vyf sluishekke is reeds gister oopgemaak.

Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel
Die foto is vanoggend deur Sue Jansen van Rensburg om 05:30 by die Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel geneem. Toe het die Vaalrivier se watervlak hier nog 1,6m gemeet en was vloei gemeet teen 561.2 kubieke meter per sekonde. Die watervlak het intussen heelwat gestyg.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/parys-gazette/uncategorized/2025/11/18/so-lyk-dit-nou-by-vaaldam-17/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button