Local newsNews

Ondersoek na vloedskade in Saundersville gedoen

Talle huise in die Kwakwatsi-woonbuurt by Koppies, en Saundersville by Heilbron, is oor die naweek oorstroom na swaar reën.

Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit vergesel van ‘n span Rooikruiswerkers het vanoggend die Saundersville- en Phiritona woonbuurte by Heilbron besoek om ‘n opname te maak van hoeveel huishoudings ondersteuning nodig het nadat vloedwater huise in dié woonbuurte Sondag oorstroom het.

Berigte is ook oor die naweek ontvang van huise in die Kwakwatsi-woonbuurt by Koppies wat oorstroom is.

Die Rooikruis-span gereed voor hul vertrek na Heilbron.
Die Rooikruis-span gereed voor hul vertrek na Heilbron.

Beide Koppies en Heilbron val onder die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se jurisduksie.

Besoek aan Saundersville na vloedskade
MMC Norma Moloi en ander spanlede tydens hul besoek vanoggend aan Saundersville.

Die munisipaliteit sal ook dringend aandag gee aan die pomp by die onttrekkingspunt in die Vaalrivier vir die Vredefort watersuiweringswerke wat telkens wanneer die rivier se water styg, onder water is en in die verlede gelei het tot watertekorte vir die dorp.

Die situasie by die Koppies-watersuiweringsaanleg word ook gemonitor. Die suiweringsaanleg is aan die oewer van die Renosterrivier, en het in Mei vanjaar oorstroom toe Koppies Dam oorgeloop het in die Renosterrivier wat toe reeds in vloed sy walle oorstroom het.

Met die oorstroming van die aanleg vroeër vanjaar moes proseskontroleerders inderhaas die aanleg ontruim, en was die dorp vir vier dae sonder water voordat munisipale werkers uiteindelik te voet die aanleg kon bereik om die omvang van die skade te bepaal.

Koppiesdam was gister 124% vol.

Samesprekings is na die vorige vloed met die Departement van Waterwese en Sanitasie gevoer oor die moontlikheid om die Koppies- suiweringsaanleg weg van die rivieroewer te skuif.

Munisipale werkers van die Ngwathe Munisipaliteit waar hulle vroeër vanjaar waterkanale by die Koppies-watersuiweringsaanleg skoongemaak het nadat die aanleg toe oorstroom het. 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button