So het die Vaalrivier se water gestyg
Lees hier hoe het die lesings by die Schoemansdrift-brug in die verlede met vloede gelyk.
Die Schoemansdrift-laagwaterbrug in die Vredefort Koepel is steeds gesluit vir alle verkeer met water van die Vaalrivier wat oor brug spoel. Die Vaalrivier se watervlak is vanoggend op 3,26m by die brug gemeet, en watervloei teen 1 802 kubieke meter per sekonde.
Status quo
Status quo sal steeds vandag by Vaaldam gehandhaaf word waar agt sluishekke tans oop is. UItvloei by Bloemhofdam sal ook vandag onveranderd bly.
Die Barrage het teen 09:00 vanoggend water uitgelaat teen 1 220 kubieke meter per sekonde met vier sluishekke ten volle oop.
So het die Vaalrivier sedert Maandag gestyg:
Van Maandag tot vanoggend het die rivier by die brug in totaal 2,41m gestyg.
- 17 Nov – Watervlak meet 0,85m; watervloei 135,4 kubieke meter per sekonde
- 18 Nov – Watervlak meet 1,6m; watervloei 561,1 kubieke meter per sekonde
- 18 Nov 08:56 – Watervlak styg na 2,35m, begin spoel oor brug; vloei 1 077 kubieke meter per sekonde
- 18 Nov 15:47 – Watervlak meet 2,5m; vloei 1 190 kubieke meter per sekonde
- 18 Nov 17:30 – Watervlak 2,55m, vloei teen 1228 kubieke meter per sekonde
- 19 Nov 09:12 – Brug gesluit vir alle verkeer, watervlak meet 2,728m, vloei 1 366,5 kubieke meter per sekonde
- 19 Nov 15:00 – Brug gesluit, water gemeet op 3,09m, vloei teen 1 660 kubieke meter per sekonde.
- 19 Nov 18:30 – Brug gesluit, water meet 3,19m, vloei teen 1 743 kubieke meter per sekonde.
- 20 Nov 06:00 – Brug gesluit, water meet 3,26m, vloei teen 1802 kubieke meter per sekonde.

Kyk hoe het die lesings by die Schoemansdrift-brug in die verlede gelyk:
17:00 – 9 Februarie 1944 – watervlak gemeet 5,303m; watervloei 3 725 kubieke meter per sekonde
12:36 – 22 Februarie 1975 – watervlak gemeet 5,818m; watervloei 4 212 kubieke meter per sekonde
09:12 – 8 Januarie 2011 -watervlak gemeet 5,138m; watervloei 3 533 kubieke meter per sekonde
12:00 – 19 Februarie 2023 – watervlak gemeet 5,605m; watervloei 4 028 kubieke meter per sekonde.
Meer onlangse statistiek by Schoemansdrift-brug:
10:00 – 7 April 2025 – watervlak gemeet op 1,850m; watervloei gemeet teen 1 464 kubieke meter per sekonde
17:30 – 24 April – watervlak gemeet op 3,46m; watervloei gemeet teen 1 974 kubieke meter per sekonde
18:00 – 27 April 2025 – watervlak gemeet op 4,66m, vloei 3 078 kubieke meter per sekonde.
17:56 – 1 Mei 2025 – Watervlak meet 3,5m, vloei teen 2008 kubieke meter per sekonde.
Die Schoemansdrift-brug was toe ook gesluit vir verkeer, maar is nadat die water toe begin sak het weer op 2 Mei oopgestel vir verkeer, maar was daar aansienlike skade met die brugreëlings wat so te sê af was, en die pad wat weerskante weggespoel het. Die skade is toe herstel.



