Local newsNews

Gauteng loods veldtog om provinsie se paaie reg te maak

Die Departement sal in die komende weke voortgaan om onderhoudsaksies regdeur die provinsie te loods as deel van sy deurlopende infrastruktuurverbeteringsprogram.

Die Gautengse LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, het ’n projek vir die onderhoud van paaie in Mogale City geloods as deel van die provinsie se veldtog om sleutel-mobiliteitskorridors te rehabiliteer, padveiligheid te verbeter en diensleweringsvermoë in alle munisipaliteite te versterk.

Die strategiese roete dra hoë verkeersvolumes en speel ’n sentrale rol om besighede te ondersteun, toerisme-aktiwiteite te bevorder en vir vragvervoer in die Wes-Rad, is gesë.

Die Departement het sy padonderhoudsvermoë aansienlik verhoog, wat spanne in staat stel om meer doeltreffend te reageer op padoppervlakfoute, stormskade, elektriese probleme en ander kritieke infrastruktuurbehoeftes.

“Ons is besig met ’n veldtog om Gauteng se paaie reg te maak en dienslewering te herstel teen die tempo en skaal wat ons gemeenskappe verwag,” sê LUR Diale-Tlabela.
“Magaliesweg is een van die prioriteitskorridors in Mogale City, en die werk wat ons hier doen, is deel van ’n breër verbintenis om mobiliteit en padveiligheid regdeur die provinsie te verbeter.”

Die werk in Mogale City sal insluit: herseëling en opvulwerk, die rehabilitasie van sinkgate, herstel van straatligte en verkeersligte, asook die stabilisering van helling-ineenstortings wat deur oormatige reën veroorsaak is.

“Ons verhoogde onderhoudskapakiteit beteken ons kan nou ons padherstel-teikens bereik, nie net in Mogale City nie, maar in elke munisipaliteit in Gauteng,” voeg die LUR by.
“Ons bring paaie terug na ’n verbeterde diensvlak sodat motoriste, openbare vervoeroperateurs en besighede veilig kan reis.”

Herstel van paaie in Mogale City
Die program waarmee paaie in Mogale City herstel word, vorm deel van die Gauteng provinsie se poging om sy paaienetwerk te verbeter.

Die LUR het beklemtoon dat padonderhoud ’n kern rol speel in padveiligheid in die provinsie.

“Goed onderhoude paaie red lewens. Deur slaggate te herstel, verminder ons ongelukke en skep ons veiliger omstandighede vir alle padgebruikers,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button