Local newsNews

Haelskade: Wat motoriste behoort te weet

Maak vooraf seker wat jou opsies is voordat jy herstelwerk laat doen

Met die afgelope week se herhaalde waarskuwings vir donderstorms en hael, en nog reën wat vir die komende week voorspel word, is daar ‘n paar belangrike feite wat motoriste moet weet as dit kom by haelskade aan jou voertuig.

Wat jy moet weet oor haelskade 

Juan Hanekom, Nasionale Direkteur van die South African Motor Body Repairers Association (SAMBRA) sê die styging in skielike, intense haelstorms vang motoriste dikwels onkant. “Die goeie nuus is dat haelskade in baie gevalle vinnig en koste-effektief herstel kan word met sogenaamde  paintless dent removal (PDR). Maar dit is belangrik om te weet wanneer PDR toepaslik is en wanneer meer volledige herstel nodig is,” sê hy.

PDR is ’n hoogs gespesialiseerde tegniek wat gebruik word om duike van agter die paneel uit te haal sonder om die bestaande verfwerk te beskadig. Volgens Hanekom is PDR ideaal wanneer:
• Die verfoppervlak ongeskonde is sonder krake, skerp merke of skrape.
• Die duike klein tot mediumgrootte is en nie die metaal gestrek het nie.
• Die skade beperk is tot paneelareas waar daar duidelike toegang agter die paneel is vir ’n opgeleide PDR-tegnikus.

“PDR kan buitengewoon doeltreffend wees vir haelskade,” sê Hanekom. “Dit is vinniger, meer bekostigbaar en behou die oorspronklike fabrieksverf, wat altyd die voorkeuruitkoms is waar moontlik.”

Wanneer groter herstelwerk nodig is
Indien die hael meer ernstige skade veroorsaak het — insluitend gekraakte of afgedopte verf, skerp of diep duike, gekreukelde panele of enige skade wat strukturele komponente raak — sal die voertuig deur ’n geakkrediteerde paneelklopper nagegaan word.

 “Blootgestelde metaal kan vinnig roes, en die herstelproses word meer kompleks, verdudelik hy. In hierdie gevalle is PDR nie meer die regte opsie nie. Professionele verfherstel is dan nodig, en, in sommige gevalle, paneelvervanging.”

Wat motoriste moet doen ná haelskade
SAMBRA raai motoriste aan om die volgende stappe te volg indien hul voertuig deur ’n haelstorm getref word:

  1. Beoordeel die skade so gou as dit veilig is — maar vermy enige selfdoen-herstelwerk.

  2. Stel jou versekeringsmaatskappy dadelik in kennis en verstaan hul assesseringsproses.

  3. Gebruik slegs geakkrediteerde diensverskaffers, ongeag of jy PDR of ’n volledige herstel benodig.

  4. Moenie herstelwerk uitstel nie, veral waar verfskade sigbaar is.

  5. Versoek ’n duidelike verduideliking van die herstelmetode wat vir jou voertuig aanbeveel word.

Hanekom beklemtoon dat die keuse van die regte herstelbenadering van die begin af help om die voertuig se waarde te beskerm en verseker dat die herstelwerk veilig en professioneel uitgevoer word.

“Of dit PDR of volledige verfherstel is, SAMBRA-geakkrediteerde lede volg industrie-standaarde en is toegerus om jou voertuig die beste moontlike uitkoms te bied,” sluit hy af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button