Werk aan R59 se gate gedoen
Nog noodherstelwerk is vandeesweek aan die slaggate op gedeeltes van die R59 gedoen.
Spanne van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer in die Fezile Dabi-distrik het vandeesweek voortgegaan met noodherstelwerk van slaggate op die R59. Daar is gewerk op die gedeelte tussen Sasolburg en die N1-oorbrug, en ook tussen Vredefort en die Viljoenskroon-afrit.
Noodherstelwerk aan die gedeelte tussen Parys en die N1 oorbrug is vroeër gedoen.




Met beperkte materiaal en weerstoestande wat ‘n uitdaging bly, verdien die departement se hoof ingenieur vir die Fezile Dabi-distrik, Evodia Phalatse, en die department se hoof paaie superintendent in die distrik, James Nkabinde ‘n pluimpie vir hul toewyding om aandag te gee aan die slaggate op die R59 veral met die Feestyd wat voorlê en meer verkeer wat op die roete verwag word as alternatief vir die N1.



