Local newsNews
Motorfietsklub verras Gleniffer-inwoners met kuier en bederf
Die gebrul van die motorfietse, lekker lag, saam kuier, en stories uitruil, het gesorg vir groot vreugde en glimlagte.
Die Solidariteit Helpende Hand Motorfietsklub van Fochville onder leiding van Riaan Els, het tydens hul Noordwes-saamtrek, inwoners van Gleniffer kom verras met ‘n kuier en braai.

Vergesel deur lede van die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak, kon daar ook vir elke inwoner ‘n bederfpakkie gegee word, en is daar weggelĂȘ aan heerlike pannekoek wat vir die inwoners geskenk is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



