Klappers: Wenke om jou troeteldier veilig te hou
Elke jaar word troeteldiere beseer en vermis weens vuurwerke.
Elke jaar word troeteldiere beseer en vermis weens vuurwerke. Dit is belangrik dat troeteldiereienaars hul troeteldiere veilig hou veral oor die Feestyd.
Hou die wenke in gedagte
● Hou jou troeteldiere binne die huis.
● Maak alle vensters en gordyne toe om die klank uit te hou.
● Maak seker jou troeteldier het ‘n bandjie of ‘n mikroskyfie met die eienaars se besonderhede daarop indien die troeteldier uit die erf uit kom.
● As die troeteldier in skok gaan weens die vuurwerke, bind ‘n lap band om die dier soos in die onderstaande prent. Dit help om die troeteldier kalm te hou.
● Speel rustige musiek in die vertrek waar jou troeteldier gehou word.
● Gee vir jou troeteldier ‘n speelding of iets om aan te kou.
Rapporteer dadelik by die DBV as jou troeteldier vermis word.



