Local newsNews
VS se eerste Nuwejaarsbabas vroeg reeds verwelkom
Finale syfers van geboortes in die Vrystaat op Nuwejaarsdag sal later deur die Vrystaatse Departement van Gesondheid bevestig word.
Twintig Nuwejaarsbabas, waaronder agt dogtertjies en twaalf seuntjies, is reeds teen 08:00 vanoggend in hospitale in die Vrystaat gebore.
Teen 00:20 het Me Kefuwe Motaung (27) van Odendaalsrus geboorte geskenk aan haar babadogtertjie in die Bongani Streekshospitaal in Welkom. Baba Motaung wat die eerste baba was wat vanoggend op Nuwejaarsdag in die provinsie verwelkom is, het 2,79kg by geboorte geweeg.

Die provinsie se tweede Nuwejaarsbaba is in die Elizabeth Ross Distrikshospitaal gebore. Die 23-jarige Me Rethabile Mofokeng van QwaQwa, se seuntjie is om 00:30 gebore en het 2,5kg geweeg.

Kort daarna is ‘n seuntjie ‘n ma van Bethulie, Me Mobulelo Magwebu (45), om 00:44 in die Pelonomi Akademiese Hospitaal in Bloemfontein gebore en het hy 3,1kg geweeg, het Me Pogisho Sehularo, waarnemende woordvoerder van die provinsie se Departement van Gesondheid gesê.
‘n Spesiale sertifikaat word vandag oorhandig aan elke Nuwejaarsbaba wat in die provinsie gebore word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



