Local newsNews

Opvolg: Tenkwa brand geblus

Die pad is steeds gesluit vir verkeer in beide rigtings.

Hoewel brandweerdienste daarin kon slaag om die vlamme te blus nadat ‘n tenkwa vroeër vanmiddag aan die brand geslaan het op die R30, sal die pad tussen Bothaville in die rigting van Orkney aan beide kante gesluit bly todat SANRAL die pad weer heropen.

Die tenkwa het petrol en diesel vervoer.

Die toneel op die R30 waar ‘n tenkwa vroeër vanmiddag aan die brand geraak het. Die brand is intussen geblus.

Wetstoepassers en die nodige rolspelers is steeds op die toneel.

Padgebruikers word steeds gewaarku om

  • uiters versigtig te wees
  • veilige volgafstande te handhaaf
  • die area te vermy
  • te reageer op instruksies van wetstoepassers by die toneel.
Die toneel waar 'n tenkwa brand op die R30 tussen Bothaville en Orkney.
Die toneel waar ‘die tenkwa vroeër vanmiddag op die R30 tussen Bothaville en Orkney gebrand het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button