Local newsNews

Liggaam van jongman in Vaalrivier gekry

Daar is oor die naweek onverpoosd gesoek na 'n 17-jarige skoolseun wat vermis geraak het na 'n bootrit op die Vaalrivier.

Die liggaam van ‘n jongman is vanoggend deur polisieduikers in die Vaalrivier gekry wat moontlik dié van die vermiste Thomas Sithole, ‘n 17-jarige skoolseun van Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark kan wees.

Daar is oor die naweek onverpoosd na Thomas gesoek nadat hy  as vermis aangegee is na ‘n private bootrit Vrydagmiddag op die Vaalrivier. Thomas was nie op die boot toe dit teruggekeer het na die oewer nie.

Thomas Sithole. Photo credit: Vaal River Rats SA
Thomas Sithole. Foto-krediet: Vaal River Rats SA
'n Foto wat oor die naweek deur Vaal River Rats SA op hul Facebook-blad gedeel is tydens die soektog.
‘n Foto wat oor die naweek deur Vaal River Rats SA op hul Facebook-blad gedeel is tydens die soektog.

Die presiese omstandighede rondom Thomas se dood is nog nie bekendgemaak nie.

Sondag is op verskeie sosiale media platforms nog gevra vir inligting wat die polisie kon help in hul soektog na Thomas.

Luitenant-kolonel Mavela Masondo, het vroeër gesê bevestiging oor die identiteit van die liggaam wat vanoggend gekry is, sal eers gegee kan word sodra die familie die liggaam uitgeken het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button