Local newsNews

Omgee onder Kersbome verander lewens en gee hoop

Mense het hul harte oopgemaak om 'n verskil vir ander in nood te maak.

Elke daad van omgee saai ‘n saad van liefde. Dit bou ‘n skuiling waar mense goedheid ervaar wat van die wêreld ‘n beter plek maak. “Soms vergeet ons die goedheid,” sê sakevrou Chrisna van der Nest, wie se gedagte om op ‘n besondere manier in Desember dankie te sê vir kliënte
wat haar besigheid se deure oophou, uiteindelik veel verder uitgekring het om die vreugde-boodskap van Kersfees te deel.

Chrisna wat saam met haar dogter, Luriza, die eienaar is van The Garden Boutique Eatery in Parys, vertel dat die idee van ‘n forest of kindness op die nippertjie by haar opgekom het. Die idee het uiteindelik 26 Kersbome in die restauranttuin geword wat met hul liggies die harte van kinders, maar ook volwassenes, bekoor het.

Elkeen van die bome het ‘n tema gehad. Daar was die Tree of Hope waar mense skoolbenodigdhede kon plaas. The Meowy Tree waar katkos, katsand en snoesige troeteldierkombersies gelos kon word. ‘n Pantry Tree waar mense met nie-bederfbare produkte vir ander in nood ‘n verskil kon maak. ‘n Angel Tree vir donasies van kinderklere, speelgoed en benodigdhede vir babas en nuwe mammas in nood.

The Wagging Tails Tree waar mense hondekinders se stertjies kon laat swaai met ‘n skenking, en ‘n Lunchbox of Love Tree waar mense kon help om honger magies vol te kry.

Die Pamper Tree for the Elderly het mense aangemoedig om uit te reik na bejaardes, en die Tree of Garments of Grace het gehelp om hulle warm te hou wie andersins niks sou hê nie.

Onder 26 kersbome is die vreugde van Kersfees gedeel.
Onder 26 kersbome is die vreugde van Kersfees gedeel.

Maar daar was ook die bome waar mense sielskos kon kry met ‘n storie van goedheid wat gedeel is. Lekkergoed aan ‘n boom wat kinderharte bly gemaak het. ‘n Boom
wat herinner het dat elke stem verdien om gehoor te word wat in stilte worstel met
geslagsgebaseerde geweld. En dan ‘n boom met die tema van dankbaarheid vir elke
seëning in mense se lewens.

“Die tuin met sy liggiebetowering het ‘n plek van gee en omgee geword,” vertel Chrisna. ‘n Plek waar nie net ‘n gemeenskap nie, maar mense van sover as Potchefstroom, Randburg en die Vaaldriehoek, uit hul harte kom gee het.

“Ons het almal iets hieruit geleer,” vertel Chrisna, wat vanjaar weer die projek wil
aanpak – want klein dade van goedheid maak ‘n verskil.

Al die skenkings wat ontvang is, is vroeg vanjaar aan Vrystaat Versorging in Aksie
(VVA) oorhandig wat dit weer versprei na hulle in nood, terwyl die skenkings vir honde en katte verligting gebring het by die plaaslike DBV. “Vir my was dit belangrik om rentmeesterskap te gee vir die vertroue wat die gemeenskap tydens die projek in my geplaas het,” sê Chrisna, en daarom moes elke skenking gaan na waar dit die nodigste was.

“Ek het mooi gesien met hierdie projek, en dit was magic,” sê sy met ‘n hart vol dankhaarheid vir elkeen wat vreugde kom deel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button