Local newsNews

Samewerking tussen polisie en landbougemeenskap geloof ná ses vasgetrek is vir aanval op gesin

Al ses die verdagtes het reeds 'n eerste verskynking in die hof gehad, en sal weer op 11 Februarie in die hof wees.

Sses beskuldigdes wat aangekla word van poging tot moord, poging tot huirsroof en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie ná ’n gewelddadige aanval op ’n plaas in die Swartruggens-distrik,  het vandeesweek in Swartruggens voor die hof verskyn.

Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Adéle Myburgh, het die voorval in die vroeë oggendure van 3 Februarie gebeur op ’n plaas in die Lindleyspoort-gebied by Swartruggens. Daar word beweer dat ’n groep gewapende verdagtes toegang tot die plaashuis verkry het en die inwoners – ’n 43-jarige man, sy 43-jarige vrou en hul twee seuns van 14 en 13 jaar oud – gekonfronteer het terwyl hulle geslaap het. Die verdagtes het kontant geëis en is skote tydens die voorval afgevuur. Myburgh sê die man het ligte beserings opgedoen terwyl hy homself en sy gesin verdedig het. Niks is uit die huis gesteel nie.

Die boer se vrou het haar twee seuns geneem en na haar skoonouers gevlug, wat ’n kort entjie daarvandaan woon, om hulp te kry. ’n Gekoördineerde en intelligensie-gedrewe operasie, wat speurders van Swartruggens, Sigbare Polisiëring, Misdaadintelligensie, die K9-eenheid, die Plaaslike Kriminele Rekordsentrum (Forensies), plaaslike boere, die Gemeenskapspolisieforum (GPF) en die plaasbuurtwag ingesluit het en waartydens hommeltuie gebruik is, het gelei tot die vinnige opsporing en inhegtenisneming van die eerste twee verdagtes. s wat in nabygeleë bosse weggekruip het.

Inligting oor die voertuig wat tydens die misdaad gebruik is, is opgevolg, wat gelei het tot die inhegtenisneming van ’n derde verdagte naby Boons. Nog twee verdagtes is daarna in Koster opgespoor, waar ’n vuurwapen en ammunisie, wat vermoedelik tydens die misdaad gebruik is, gevind is. Die laaste verdagte is op , 4 Februarie, in Carletonville opgespoor en in hegtenis geneem.

Vyf van die verdagtes, Buti Joseph Seqele (47), Nkosinathi Thembinkosi Mduli (41), Jankie Nnebe (44) – van Mosambiek, Locus Samuel Masiane (46) en Sibusiso Vusi Tembe (35), het op  5 Februarie voor die hof verskyn.  Hulle bly in aanhouding en sal weer op 11 Februarie voor die hof wees.

Die sesde verdagte, Zolile Nicholas Nkomane (67), het op, 6 Februarie in die hof verskyn en bly ook in aanhouding totdat hy op 11 Februarie in die hof sal wees.

Die Waarnemende Provinsiale Polisiekommissaris, Majoor-generaal (Dr) Ryno Naidoo, het die vinnige reaksie en samewerking tussen die polisie en die landbougemeenskap geloof. Hy het gesê aanvalle in landelike gebiede bly ’n ernstige bekommernis, en dat die polisie landelike veiligheid sal bly prioritiseer deur sigbare polisiëring, intelligensie-gedrewe operasies en sterk vennootskappe met landbougemeenskappe. Hy het misdadigers gewaarsku dat die polisie beslissend sal optree en dat dié wat die veiligheid van landelike inwoners bedreig, opgespoor en voor die gereg gebring sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button