Local newsNews
Siemon verloor sy dapper stryd
Prostaatkanker is twee jaar gelede by Siemon gediagnoseer
Siemon Kleinhans, bekende haarkapper van Parys, het vanoggend om 05:00 sy lang en dapper stryd teen kanker verloor. Hy was 77 jaar oud.
Prostaatkanker is twee jaar gelede by hom gediagnoseer en is hy die laaste tyd by die Najaarsrus Tehuis vir Bejaardes versorg.
Menige Parysenaars het vir Siemon oor jare as haarkapper leer ken waar hy saam met Benji destyds by Salon Maison Mia, skuins oorkant die ou Roodt-apteek gewerk het. Daarna het hy sy eie salon, Hair by Us, in vennootskap met Magda Stone begin.
Besonderhede oor Siemon se roudiens sal bekendgemaak word sodra dit gefinaliseer is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



