Local newsNews

Parys-atlete wys dié naweek hul slag by VS-atletiekkampioenskap

Parys hou styf duim vas vir julle.

Na ‘n skitterende baan- en veldvertoning van Primêre Skool Parys se atlete by die Noord-Vrystaat-atletiekkampioenskappe (NVS), is van die atlete ingesluit in die Noord-Vrystaat-span wat Saterdag 7 Maart aan die Vrystaat-kampioenskappe in Sasolburg sal deelneem.

Die atlete wat sal deelneem aan die Vrystaat-kampioenskappe met die posisies wat behaal is tydens die NVS-kampioenskappe in hakies aangedui, is Anlé Beukes (do10 1200m tweede en verspring vierde), Bophelo Matiase (do10 80m tweede en 100m derde), Kylie Rootman (do10 1200m derde), Bella-May Els (do11 hoogspring tweede), Chané Dannhauser (do12 1200m derde), Janike van der Westhuizen (do12 hoogspring tweede), Karliese Scheepers do13 800m tweede & 1500m eerste), Leandri Connoway (do13 gewigstoot vyfde), Karlien Joubert (d013 diskusgooi vyfde), Janko D’alebout (so10 verspring derde), Dominic Powell (so10 70m hekkies vierde), Victor van der Schyff (so12 150m hekkies sesde en 75m hekkies tweede) en Jaco van Wyk (so13 hoogspring vyfde).

Primêre Skool Parys se atlete wat aan die Vrystaat-kampioenskappe sal deelneem, saam met die skool se atletiekhoof, juffrou Annie.
Primêre Skool Parys se atlete wat die naweek aan die Vrystaat-kampioenskappe sal deelneem, saam met die skool se atletiekhoof, juffrou Annie.

Na afloop van die Vrystaat-kampioenskappe sal die top drie atlete per item ingesluit word in die Vrystaatspan wat van 20-21 Maart aan die SA atletiekkampioenskappe in Kaapstad sal deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button