Local newsNews

Patrollies help misdaad in jou omgewing vasvat

Onthou die Blou lig/Wit lig patrollie waaraan jy op 14 Maart kan deelneem.

Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) se volgende maandvergadering is op 19 Maart by die Parys SAPD lesingkamer. Die vergadering begin om 16:00. Enigeen is welkom. Die vergadering word voorafgegaan deur die maandelikse Blou lig/Wit lig patrollie wat op 14 Maart vanaf 20:00 gehou word.

Met die blou lig/wit lig patrollies vat die gemeenskap hande met die polisie vir gesamentlike patrollering. Geen vorige ondervinding is nodig nie. Daar word die aand om 20:00 by die Parys-polisiestasie bymekaar gekom vanwaar uitbeweeg word.

Jy gebruik eie vervoer en kan in jou eie woonbuurt waar jy gevestig is vir die duur van die patrollie ‘n verskil maak deur die oë en ore van die polisie te wees.

Die patrollies dra by tot sigbaarheid om misdaad ook in jou omgewing vas te vat. Onthou geen inligting is ooit waardeloos nie, en het buurtwagpatrollies al by herhaling in die verlede gewys hoe suksesvol dit is in die bekamping van misdaad.

Dagboek ook solank die jaar se GPF vergaderings datums wat maandeliks by Parys SAPD se lesingkamer om 16:00 gehou word.
16 April
21 Mei
18 Junie
23 Julie
20 Augustus
17 September
22 Oktober
19 November (jaarvergadering, Suid-kerk)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button