Local newsNews
Parysenaars gee gehoor aan noodroep vir bloed voor Paasnaweek
Die Bloeddiens se mikpunt vir sy veldtog vandag in Parys, is 50 eenhede bloed.
Onthou jy het nog geleentheid om tot 19:00 vanaand by die Hervormde kerksaal h/v Loop- en Paulsenstraat, die Bloeddiens se spesiale bloedskenkveldtog, Answer the Call, wat in samewerking met Rotary Parys en Overvaal Stereo vandag in Parys aangebied word, te ondersteun.
Die oogmerk is om 50 eenhede bloed in te samel. Daar wag ook ‘n verrassing op bloedskenkers wat vandag gaan skenk.
Teen net na 16:00 vanmiddag was daar 37 eenhede bloed ingesamel. Kom ons maak hierdie ‘n rekordpoging vir Parys.

Die veldtog is geloods met die oog op die Paasnaweek wat voorlê wanneer voldoende bloedvoorraad juis baie nodig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



