Sekuriteitsbeamptes verdwyn spoorloos
Die polisie in Maokeng soek dringend na inligting wat kan hulle kan help met die opsporing van drie vroulike sekuriteitsbramptes wat spoorloos verdwyn het terwyl hulle aan diens was. Aflos sekuriteitspersoneel van die private sekuriteitsmaatskappy, Isidingo Security, het vanoggend, Woensdag 17 Augustus, om 05:30 by die Seeisoville-stadion in Maokeng aangemeld om die nagskof personeel af …


Die polisie in Maokeng soek dringend na inligting wat kan hulle kan help met die opsporing van drie vroulike sekuriteitsbramptes wat spoorloos verdwyn het terwyl hulle aan diens was.
Aflos sekuriteitspersoneel van die private sekuriteitsmaatskappy, Isidingo Security, het vanoggend, Woensdag 17 Augustus, om 05:30 by die Seeisoville-stadion in Maokeng aangemeld om die nagskof personeel af te los.
Tot hul verbasing was die vroulike sekuriteitsbeaptes wat aan diens moes wees, skoonveld. Hulle is die 44-jarige Julia Tladi, die 37-jarige Gldys Masabata Motoai, en die 39-jarige me. Maletsatsi Mofokeng. Hul selfone en persoonlike besittings was steeds in die vertrek wat deur die wagte gebruik word.
Die drie vroue is die laaste keer gesien in die swart uniforms van Isidingo Security



Enigeen met inligting word gevra om lt-kol Kobus Erasmus te skakel by 082 301 2972, het sers. Mahlomola Kareli, provinsiale woordvoerder van die polisie gesê.





