News

Oud-Parys leerder vertel van België se fietse en wafels

Die lekkerste wafels en roomys is in België.

Die lekkerste wafels en roomys is in België. Só skryf Tessa Barnard, ‘n voormalige leerder van Parys Christelike Skool wat ook een van die skool se toppresteerders gedurende die tweede kwartaal was. Deesdae woon sy en haar ouers in België. Tessa vertel dat die Belgiërs baie loop, omdat alles so naby aan mekaar is, maar jy moet kyk waar jy loop, want as jy per ongeluk op ‘n fietspaadjie beland, kan jy raakgery word.
Sommer op haar eerste dag in België het sy ‘n noue ontkoming gehad toe sy amper self deur ‘n fietsryer raakgery is, en was die skrik baie groot. Die fietsryers kom met ‘n spoed verby, en ry almal op fietspaadjies wat spesiaal vir hulle gebou is.
“Hier is baie ou geboue wat terugdateer uit die dertienhonderds. Hulle is pragtig. Hier is ‘n ou kerk met die naam St. Peter’s Kerk. Dit is in die vyftienhonderds in die vorm van ‘n kruis gebou. Hier is ook die mooiste publieke swembaddens,” vertel Tessa. Sy gaan eers in September terug skool toe, maar het al ‘n draai by haar nuwe skool gaan maak. Die skool is baie groot en het ‘n binnenshuise swembad waar die kinders elke week kan swem, winter of somer, sê sy. “Die leerlinge doen baie fisiese aktiwiteite en leersame uitstappies.” Hoewel sy haar familie en vriende mis, geniet Tessa België sommer baie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button