NewsSport

Spar Women’s Virtual Challenge – só kan Parysenaars ook deelneem

Parysenaars kan ook nou by Parys Spar hul Spar Women’s Virtual Challenge deelname pakkie kry teen R120 vir Saterdag se uitdaging wanneer deelnemers van oraloor die wedloop sal aanpak net waar hulle is. Die pakkies sal reeds  Donderdag 1 September by Spar wees –  maar jy kan sommer nou al joune gaan betaal en bespreek …

Parysenaars kan ook nou by Parys Spar hul Spar Women’s Virtual Challenge deelname pakkie kry teen R120 vir Saterdag se uitdaging wanneer deelnemers van oraloor die wedloop sal aanpak net waar hulle is. Die pakkies sal reeds  Donderdag 1 September by Spar wees –  maar jy kan sommer nou al joune gaan betaal en bespreek gesels met Annelise.
Die Spar Women’s Challenge het eintlik begin as ’n geleentheid om vroue van alle ouderdome bymekaar te kry, en sommer gou het die wedloop in gewildheid gegroei. Of jy nou wil hardloop, draf of stap teen jou eie pas, waar jy ookal is, neem deel op 3 September – jy het tyd van 06:00 tot 18:00. Vanjaar is die tema # I Rise.

Hoekom nie die geleentheid gebruik om ook die uitdaging aan te pak en jou eie fiksheid te toets deur 10km te stap of te draf, of 5km te stap of te draf, enige tyd binne die gegewe tydsgleuf. Jy kan selfs van Saterdagoggend se parkrun geleentheid gebruik maak om daar jou afstand te voltooi. Komaan neem deel!

Related Articles

 
Back to top button