News

Dié dansers gaan hul slag wys by SA Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste

Baie geluk aan hierdie dansers

Die Little Divas Dansgroep van die Aldanté Dansskool het die naweek van 12-13 Augustus aan die provinsiale uitdunne vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste deelgeneem.
Na afloop van die uitdunne verwerf hulle hul Noordwes-kleure in vier kategorieë, naamlik Bhangra, Freestyle, Lyrical en Musical.
Hulle sal nou op 30 September aan die SA kampioenskappe in Rustenburg deelneem. Die groep bestaan uit Mieke Small, Carli de Jager, Caylin Tolmay, Leandri Connoway en Alaina Vorster (Parys Primêr), asook Miané Bouwer, Renesmé du Toit (van Kingdom Keys), en Diana Voigt en Leandri van Heerden (Tuisskool).
Alaina en Leandri het beide vir Parys en Potchefstroom deurgedring, en sal in totaal aan ses items elk by die SA kampioenskappe deelneem.

Agter van links is Leandri Connoway, Diana Voigt, Mieke Small en Renesmé du Toit. Voor is Miané Bouwer, Carli de Jager en Caylin Tolmay. Foto’s: Verskaf
Leandri van Heerden.
Alaina Vorster.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button